Skip to content

Section Title

MAIN IMAGE

My Hartjie My Liefie

My Hartjie My Liefie is the name of our natural product range and little Farm shop on our farm Morgensrust, hidden away in the quietness of Joostenbergvlakte, central to Paarl, Stellenbosch and Durbanville in Cape Town

Morgensrust is an olive and lavender farm that focuses on natural products and organic farming.  In 2019 my late husband decided to expand the farm by planting a small patch of Lavanda x intermedia var “Margaret Roberts” English lavender by the entrance of our farm.  He was fascinated by the extraction of oil through the steam distillation process and this basically started as his hobby.  As the demand for fresh and dried lavender in bridal bouquets, floral arrangements and lavender confetti grew we expanded our lavender by adding our French lavender (Lavandula dentata) to the bottom end of our farm.  Currently we grow both English and French organic lavender which means no chemicals are sprayed on our lavender and our products are safe to use for everybody.

People always ask me what makes our products different from other natural range products, and my answer is always the same, but for my answer to be authentic I’ll need to revert back to my home language

My Hartjie My Liefie is nie NET ons klein besigheid van natuurlike produkte nie, dit is iets veel veel meer.   Dit is ‘n droom gebore in ‘n man se hart, dit is ons liefde vir die natuur en wat die natuur alles vir ons bied, dis ‘n stadige en geduldige proses van bou aan iets groter as onsself, dis ‘n dankbaarheid hier binne ons om ons produkte vir elke bestelling mooi te verpak en ‘n absolute lekkerte om dan weer die positiewe terugvoer van ons kliënte te ontvang.  MAAR meer as alles dit is My Hartjie My Liefie ‘n nalatenskap of “legacy” vir die wat ná ons kom om voort te bou op wat reeds is.  Om met enige iets te boer beteken om naby die Here te leef en afhanklik te wees van Hom vir Sy goedheid en Sy genade elke dag en om geduldig op Hom te wag vir die vrug van ons arbeid.   My Hartjie My Liefie was JOU droom André.  JY het dit begin en JY het dit gedryf omdat jy in ons produkte geglo het.  Jy is nie meer hier nie en ons harte is seer, maar jy het vir ons hierdie wonderlike mooi “legacy” nagelaat om op voort te bou vir ons nageslag.  Hierdeur sal ons altyd herinner word aan wie jy was.  Dankie daarvoor!

Al ons My Hartjie My Liefie produkte word op ons plaas, Morgensrust in Joostenbergvlakte geplant, gegroei en vervaardig.  Van ons produkte sluit in Engelse (Margaret Roberts) Laventel, Franse (Dentata) Laventel,  Olyfbome, Roosmaryn, Bloekombome (Eucaluptus) en Roos Geraniums.  Ons pragtige warm sakkies gevul met die heerlikste Laventel en Roos Geranium olie, droomslopies (of Dream Pillows), droërsakkies en sakkies om in jou kas te bêre tussen jou klere, linne of jou mooiste tafeldoeke word met die hand gemaak en gevul met ons eie gestroopte Laventel blommetjies.  Ons gewilde oog slopies (eye pillows) is veral gepas vir oë wat moeg is van heeldag op rekenaarskerms konsentreer of vir kloppende hoofpyne. 

Spesiaal vir ons bruide stroop ons Laventel blommetjies vir bio afbreekbare confetti en tel ons versigtig al die helder pienk en wit bougainvillea blaartjies op sonder dat hulle kneus of breek vir die heel mooiste helder pienk bio afbreekbare confetti.

Dankie dat jou ondersteuning ons help om elke dag aan ons “legacy” te bou

Laventel Groete

Leza

Contact Information

Contact Listings Owner Form